SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

SA POLISIE REEKS - PRONK BOEKE

Die SA Polisie reeks handel oor ’n konstabel met die naam van Kobus Roode. Hy is ’n sterk geboude man met bruin hare wat altyd kort gesny is, sodat dit soos ’n borselkop vertoon. Sy verhaal begin as student toe hy en twee van sy beste vriende in die Drakensberge gaan kamp het. Daar ontbloot hulle ’n geheime wapenarsenaal en wapenfabriek wat diep onder die aarde versteek is. In die proses sterf Kobus se twee vriende, maar Kobus kry dit reg om die skurke aan te keer en so die organisasie se onwettige bedrywighede tot stilstand te bring. Hierdie gebeure het so groot impak op Kobus se lewe gemaak dat hy daar en dan besluit het om homself voortaan te beywer om ’n konstabel te word.

Kobus se loopbaan maak vinnig opgang en hy los die een groot internasionale saak na die ander op. Hy kry te doen met ontvoerders, moordenaars, diere smokkelaars, dagga smokkelaars en vele meer. Meeste van die tyd begewe hy hom in Natal, maar met tye word hy ook verplaas na Pretoria en Johannesburg, om sake daar te gaan oplos wat ander voor hom nie kon oplos nie. Menigmaal weier Kobus bevordering, wat beteken dat hy kantoor werk sal moet doen, want daar is vir hom niks lekkerder as om in die natuur te werk, op die rug van ’n perd nie. Juis hierdie liefde van hom maak dat hy op geheime plekke van skurke uitkom en hulle so daar verras en ontbloot.

Die laaste paar boeke in die reeks handel oor verskillende konstabels se ervarings in Suid Afrika. Daar is konstabel Ryk Schutte se wedervaringe in Suidwes, konstabel Jurie Slabbert se drama in die Karoo, konstabels Reinhardt Fouche in Suidwes, Buks Senekal in die Kalahari, Henk van Reenen in die Sederberg en konstabel Kobus van Deventer se noue ontkoming in die Namib woestyn. Elk van hierdie stories is vol aksie, drama, spanning en ook so bietjie romanse tussendeur. Elke uitstekend geskryfde speurverhaal boei mens behoorlik van begin tot einde en die stories bly jou by, lank nadat jy dit klaar gelees het.

⭐ 24 Voorblaaie Gelys 📖 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

24 Items
#1 Monster uit die mis

Monster uit die mis

Braam le Roux 1954
#2 My metgesel die dood

My metgesel die dood

Braam le Roux 1954
#3 Vallei van wit beendere

Vallei van wit beendere

Braam le Roux 1955
#4 Rivier van onheil

Rivier van onheil

Braam le Roux 1955
#5 Terwyl die nagwolf huil

Terwyl die nagwolf huil

Braam le Roux 1955
#6 Vrou van skarlaken

Vrou van skarlaken

Braam le Roux 1955
#7 Een uur vir Satan

Een uur vir Satan

Braam le Roux 1956
#8 Geen galg vir jou

Geen galg vir jou

Braam le Roux 1956
#9 Glimmende skedels

Glimmende skedels

Braam le Roux 1956
#10 Vrou in die skaduwees

Vrou in die skaduwees

Braam le Roux 1956
#11 Reën oor die berge

Reën oor die berge

Braam le Roux 1957
#12 Die band van bloed

Die band van bloed

Braam le Roux 1957
#13 Nag van geen genade

Nag van geen genade

Gerrie Radlof 1957
#14 Die bloedhonde blaf

Die bloedhonde blaf

Gerrie Radlof 1958
#15 Die slange van Tumara

Die slange van Tumara

Gerrie Radlof 1958
#16 Gees van die toordokter

Gees van die toordokter

Gerrie Radlof 1958
#17 Slagoffer van die tokkelos

Slagoffer van die tokkelos

Gerrie Radlof 1958
#18 Die skatte van Monomotapa

Die skatte van Monomotapa

Gerrie Radlof 1959
#19 Sluipers in die Namib

Sluipers in die Namib

Meiring Fouche 1961
#20 Geheim van die Sederberg

Geheim van die Sederberg

Meiring Fouche 1961
#21 Aasvoëls van die Kalahari

Aasvoëls van die Kalahari

Meiring Fouche 1962
#22 Wraak uit die verlede

Wraak uit die verlede

Meiring Fouche 1962
#23 Die waansinnige besoeker

Die waansinnige besoeker

Meiring Fouche 1962
#24 Die Baron van die Namib

Die Baron van die Namib

Meiring Fouche 1962